"Die dag wat jy begin om skaak te leer, is so belangrik soos jou eerste dag op skool!"
Leer skaak speel of word 'n beter speler:
- Ontdek die verstommende voordele van skaak
- Laai gratis en bekostigbare sagteware af of bestel CD
- Animasie skaaklesse met klank in Afrikaans
- Laai 'n skaak rekenaarspeletjie af
- Geskik vir jonk en oud, beginners tot gevorderde spelers
Eric Smit, Sabie, Mpumalanga
"Ek is maar 'n beginner met skaak. Ek het al die speletjie program en die eerste 3 lesse by jou gekoop en geniet dit baie.
Baie dankie."
Deon Kruger, Gauteng
Geagte besoeker,
Welkom by skaakmat.co.za waar jy meer omtrent skaak kan leer - in Afrikaans.
Luister gerus na die gratis animasie les wat jy nou kan aflaai vanaf die "skaaklesse" bladsy. Met hierdie gratis les kan iemand wat niks van skaak af weet nie, al die bewegings en basiese idees van die spel binne 'n kort tydjie leer.
Die animasie skaaklesse kan die speler se begrip van die spel drasties verbeter. Dit is amper soos om 'n privaat skaakafrigter te hę wat altyd beskikbaar is – terwyl jy die onderwerp van die les self kan kies. Die lesse kan ook bestel word op CD. Indien daar 'n onderwerp is waaroor jy graag 'n skaakles in Afrikaans sal wil sien, kontak my gerus by louis.holtzhausen@gmail.com en ek sal met graagte jou voorstel oorweeg.
Skaakgroete,
Louis Holtzhausen
Skaakafrigter
Vir skaaktoerusting (skaakstelle, skaakhorlosies ens.) besoek: www.chessequipment.co.za
Vir wiskundelesse op CD besoek: www.rotsreeks.co.za